5 Junie 2026 – Martyn Turk

Ek wil kortliks terugvoer gee oor waar Jan Hendrik hom tans bevind en hoe dit met hom gaan. Maar ek wil eintlik by die volgende gedagtes stilstaan:

Dit kan soms, as ons eerlik wil wees, baie druk op ons plaas om gedurig “reg te wees met die Here.” Moet ek meer goed doen? Moet ek meer kerkbesoek? Moet ek meer tyd aan Bybelstudie/-lees spandeer. Moet ek langer bid? Moet ek soveel as moontlik na “gospel-musiek” luister? Moet ek meer tyd spandeer om by barmhartigheidsorganisasies betrokke te raak? Wanneer sal ek uiteindelik tevrede voel dat ek “reg is met die Here?” Is dit werklik waartoe ons vrygemaak is toe ons gered is?
(Huiswerk Romeine 4:25)

8 Mei 2026 – Mike Burnard

in 1976 vertrek Mike op sy eerste uitreik na die Olimpiese spele in Kanada.  Vandag, 50 jaar later, is sy vrou, Helen, steeds geanker in hulle liefde vir, en diens aan, die vervolgde Kerk, veral in die Midde Ooste.  Hierdie blootstelling het hulle ‘n unieke perspektief gegee op die konflikte wat tans in Iran, Libanon, Gaza, Sirië en Israel afspeel.  Kom besin besin saam oor hoe ons deur God se brille die seisoen kan identifiseer wat tans in die Midde Ooste afspeel.

17 April 2026 – Drew Birch

Live with strength, integrity, and eternal perspective

Drew is a bold Christian voice calling men back to truth, discipline, and purpose.
His message cuts through comfort and compromise, confronting apathy, addiction, and passivity with clarity and conviction.
Drawing on biblical principles for every day application, he challenges men to take full responsibility to be the pillars of protection and provision that God has called them to be.
Drew is calling for men to live with strength, integrity, and eternal perspective, ready to face the season ahead.

27 Maart 2026 – Ron Kronz

Isaiah 33:22

Ron Kronz is the pastor (emeritus) and founder of Street Church DC. He has been engaged in street evangelism, campus apologetics, taking up the plight of the preborn, and otherwise bringing the reign of Christ to bear in every sphere of society. Ron has a long history with foreign missions, specializing in countries such as DR Congo, Burundi, Rwanda, Cameroon, and other war-torn and unstable places. To see more, go to www.ronkronz.com

20 Maart 2026 – Theo van Houten

Eers as die Seun jou vrygemaak het, sal jy waarlik vry wees. Johannes 8:36

Die Bevryding van Duisternis na Lig kursus gee ’n Jesus gesentreerde antwoord op bevryding uit die Duisternis. Die Vrydag aand word die probleem uit ’n Wêreldse perspektief geskets. Saterdag oggend begin met die Sondeval en dan hoe die bose ons wil beïnvloed. Die enigste weg om waarlik vry te wees is om totaal aan Jesus oor te gee. Jesus is die weg, die waarheid en die lewe.
Eers as die Seun jou vrygemaak het, sal jy waarlik vry wees. Johannes 8:36
LIG, ’n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy, is in 2017 gestig deur Theo van Houten, ’n voormalige pastoor, wat ’n groeiende behoefte bespeur het aan hulp buite die tradisionele kerkomgewing. Baie mense in nood vind nie hulp weg na die kerk nie, maar vind eerder hul toevlug in misbruik van dwelms en drank, gesinsgeweld en ander uitdagings. Ons doel is om ’n lig van hoop en genesing te wees vir hierdie individue.
Theo se betrokkenheid by die Helderberg Rape Crisis Centre in April 2016 was ’n keerpunt in sy pad na die stigting van LIG. Hy het hierdie geleentheid aangegryp om as trauma-berader vir slagoffers van verkragting en volwassenes wat as kinders seksueel misbruik is, betrokke te raak. Mettertyd het hy sy diens uitgebrei na ander vorme van berading, insluitend gesins-, huweliks- en ouerskapsberading, streshantering, depressiehantering, verslawingshantering, asook die behandeling van hartseer en trauma.
Theo het in 2015 vir Pieter en Helene Theron genooi om by hulle gemeente die Bevryding en Beradings kursus aan te bied. Hy was aangeraak deur hul bediening en het as berader op hulle kursusse gedien en so ervaring opgebou vanaf 2015. Helene Theron het met Covid in 2020 opgehou om hulle kursus aan te bied. Theo het die kursus geskryf vir Unlimited Church in Nelspruit wat hy bedien het in Junie 2025.